+27 82 783 2214

What it’s like to work with us

One of the best feelings in the world is knowing that someone is happy because of you!

  • “I can certainly recommend your enthusiasm and dedication over the years we have had dealings with you, Elmarie, and I think your successful sales records year after year endorse this view. We wish many more of the same in the years to follow.”

    Alann & Linda
  • “Elmarie, ons het vandag ‘n huis by jou gekoop.  Jy is ongelooflik professioneel en eerlik.  Jy draai nie doekies om nie en is op die man af. Jy het my droom waar gemaak. Ek het my droomplekkie gekry en daarvoor sê ek baie dankie!  Mag dit die begin van ‘n lang “verhouding” wees. Kan nie wag om my eie “pophuis”-tuin te maak nie. My stempel sal in die huis wees. En dit gaan een van baie liefde, gasvryheid en respek wees. ‘n Klein stukkie Namibië in die Klein Karoo.”

    Ben & Hanneleen
  • “Hallo Elmarie. Ons wil net dankie sê vir jou spontane, passievolle diens. Jou fokus en omgee vir ons as kliënt en mens het ons oorreed om jou te vertrou! Jy was die enigste agent wat ook gevra het of ons ‘n wins wou maak. Dankie dat jy ons huis verkoop het in EEN dag. Mag God jou seën…ELKE dag.”

    Die Swiegerse
  • “Vir beter diens kon ons nie gevra het nie. Baie dankie vir die hulp met alles!”

    Die Solomons familie
  • “Ek is hoogs tevrede! Ek het al met baie agente gedeel en jy  (Elmarie) is beslis my gunsteling.”

    Mnr Spammer
  • “We have had several property sales and purchases over the last 47 years and consequently experienced several property agents in that regard during that period. The most recent experience was the sale of our house in Oudtshoorn by Elmarie Jacobs.

    Given that technology has advanced over time, it is perhaps not fair to compare services in the past with the sale of our house in Oudtshoorn, but this sale impressed us for the following reasons:

    1)  Elmarie proved to be a person displaying high integrity towards seller and buyer alike

    2)  It was easy to decide right from the start that she could be trusted with keys to our property during times we were not home

    3)  To determine the purchase price was made easy by the statistics of like properties, which she had at hand

    4)  It is our opinion that the professional way in which she made use of advertising technology contributed greatly to the successful sale

    5)  She is not a pushy sales lady, which serves to put sellers and buyers at ease.”

    The Louw family
  • “Professional service at the highest level.”

    Mr Stuurman
  • “Elmarie is bekend vir haar professionele en kliënt-gerigte diens. Sy is altyd behulpsaam en ontsien geen moeite vir haar kliënte nie. Ek kan haar agentskap met vrymoedigheid aanbeveel.”

    Mnr Bester
  • “Uitstekende en professionele diens gelewer. Huis binne ‘n kort tyd verkoop. Sal EJE met groot vrymoedigheid aanbeveel. Daar was werklik omgegee na die mens om die beste diens te lewer wat ons gekry het. Weereens dankie, Elmarie.”

    Die Zwiegelaar gesin
  • “Baie dankie aan Elmarie vir die ongelooflike moeite wat jy gedoen het om ons huis te verkoop. Ons het reeds tou opgegooi, maar nogtans het jy aangehou met jou professionele werk wat op die ou end die positiewe resultaat tot gevolg gehad het. Jy is die beste!”

    Die Botha gesin
  • “Ek kan Elmarie Jacobs, as eiendomsagent, met opregte dankbaarheid aanbeveel – Elmarie luister,  probeer jou nie beïnvloed nie en loop ongetwyfeld die ekstra myl. Sy tree te alle tye vriendelik en  professioneel op en kommunikeer deur die proses met haar kliënte. Dankie Elmarie, jy is ‘ n wenner!”

    Mev Van Biljon
  • “Hi Elmarie, jou diens was baie goed met my huisverkoop. Daar is vinnig ‘n ooreenkoms bereik omdat jy bereid is om te onderhandel met jou kommissie. Baie professioneel, maar ook met ‘n warm gevoel.”

    Mnr Kotze
  • “Professioneel, altyd beskikbaar op kort kennisgewing, en ek moet sê – jy ken jou storie hoor!”

    Mev Muller
  • “Ek en my man het besluit om vir Elmarie Jacobs die alleenmandaat te gee om ons huis te bemark. Ons was van die begin af baie tevrede met haar manier van bemarking. Die vinnige verkoop van ons eiendom getuig daarvan.”

    Fred en Susan
  • “Elmarie is eerlik, betroubaar en ALTYD beskikbaar. Beste eiendomsagent waarmee ons nog gewerk het!”

    Die Groenewald gesin
  • “Mev Jacobs, u lewer flink en baie goeie diens. U is eerlik en gaan uit u pad om ons te ondersteun.”

    Mnr Matolla
  • “Elmarie se diens is “awesome”. Sy is altyd daar as ‘n mens vrae het, sy gaan uit haar pad om behulpsaam te wees.”

    Samantha
  • “Elmarie is professioneel en het duidelike kennis van die eiendomme wat sy aan ‘n mens wys. Sy kan enige vrae beantwoord oor heffings en munisipale belasting, huurinkomste, kompleks reëls ens. Sy luister na haar kliënte se hart en behoeftes en gee goeie, objektiewe raad. Haar kommunikasie is duidelik en vinnig om dokumentasie deur te stuur. Sy doen moeite, al is dit ook op kleiner eiendomme en verbind ‘n mens met die regte persoon om te help met ‘n huisverband, verhurings ens. Ek is so dankbaar vir die diens wat sy lewer. Baie dankie.”

    Marali
  • “Beste diens in die dorp! Elmarie is altyd beskikbaar..altyd vriendelik! Ons huis was Vrydag in die mark en Maandag verkoop! Hulle het alles hanteer…tot die registrasie van die eiendom. Die ‘alles in een’ agentskap!”

    Die Van Deventer gesin
  • “Hi daar, altyd goeie diens en vinnige terugvoer gekry by Elmarie, uitstekende agent!”

    Albert
  • “Baie dankie vir die puik diens gelewer. Julle het hierdie hele proses wat gewoonlik nogal uitgerek kan wees, in rekordtyd afgehandel en baie druk van my afgehaal.”

    Mnr Matola
  • “Elmarie is an amazing person delivering excellent service!! We are so happy and blessed to be associated with EJE.  Highly professional and efficient. Honest and trustworthy. Thank you, Elmarie, for your help. You are the best!!!”

    The Murphy family
  • “Uiters professioneel, baie vriendelik, afsprake stiptelik, tye wat almal pas, doen gereeld verslag oor reaksie van kopers. Ek sal Elmarie beslis baie sterk aanbeveel en definitief om haar ‘n alleenmandaat te gee.”

    Die Struwig gesin
  • “Professionaliteit gewaarborg! Uitstekende dienslewering!”

    Cherry-Lynn
  • “Ons maak met graagte weer gebruik van EJE (Elmarie Jacobs) se dienste. Haar liefdevolle diens en hoe sy ons benader het, is uitstekend en ons sal haar vir enige iemand aanbeveel.”

    Die Dean gesin
  • “Ja, Elmarie van EJE. Jy het uit jou pad gegaan om ons huis te verkoop. Dit het baie vinnig verkoop, jy het ‘n alleenmandaat gehad en ons was baie tevrede oor hoe ons behandel is. Ons beveel jou hoog aan!”

    Die Jordaan gesin
  • “Elmarie Jacobs is ‘n wonderlike agent. Vriendelik en iemand wat daardie ekstra myl sal loop vir jou droomhuis. Ek praat van ondervinding.”

    Die Ewerts gesin
  • “Elmarie, jy hanteer jou kliënte op ‘n baie professionele manier….jy is vriendelik….laat ‘n persoon dadelik op jou gemak voel….jy stel regtig belang in jou kliënte…..jy doen moeite…..jy is uitstekend as dit kom by terugvoering (JY BLY NIE NET WEG NIE). Ag man, jy is oulik en net die beste….dis ook hoekom ek juis gesê het ons sal altyd terugkom na jou toe…..”

    Die Augustus gesin
  • “I am forever grateful that EJE has crossed my path. Trying to sell your property whilst working abroad can be very daunting. But, from the onset Elmarie was very professional and efficient. Not only that, she also added her personal touch and made me feel like I don’t have to worry about anything. Thank you for all the great advice and assistance and also the friendship.”

    Mrs Schoeman